TEKS VIR DIE DAG
Ek sal aan hulle harte gee om My te ken, dat Ek die Here is. Hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees; want hulle sal na My terugkeer met hulle hele hart.”
Jeremia 24:7

GEDAGTES OOR HERONTDEK
‘n Pandemie bring nuwe dimensies van aanpassing en ‘’buite beheer’’ voel. Ons word opnuut van ons verganklikheid herinner en daardeur genooi om weer onsself, en die rede vir ons bestaan te herevalueer, en miskien te herontdek. 

Ons is nie alleen hierin nie; regdeur die Bybel sien ons gereeld woorde soos: om te onthou, om terug te keer. 

Om te onthou is ‘n groot deel  van herondek. Daar  is  soveel dinge in die lewe wat vir ons aandag veg, dat dit maklik is om te vergeet wat God reeds vir  ons  gewys het, die drome wat  reeds  in  ons harte is. 

Om te herontdek is om weer die kuns van verwondering aan te leer – om dinge, mense en God te sien, asof vir ‘n eerste keer. Wanneer laas het God jou verras? Wanneer laas het jy iets nuut van jouself geleer? Ons kan vir God vra om die kinderlike verwondering en ontdekking weer in ons wakker te maak.

Die woord ‘’bekeer’’ wat so dikwels gebruik word, betekenletterlik ‘’keer terug’’. Waar nooi God jou uit om terug te keer, weer te sien, weer te ontdek? Mag ons waarlik lewe en nie as slapende, verveelde mense deur die lewe gaan nie – ons is gemaak om ten volle lewendig te wees.

GESPREK MET GOD
Skryf ‘n eenvoudige kort gebed neer waarin jy jou hartsbehoefte en -begeerte rondom ‘herontdek’ met God deel.

‘N GEDAGTE OM TE OORWEEG
"As long as I am content to know that He is infinitely greater than I, and that I cannot know Him unless He shows Himself to me, I will have Peace, and He will be near me and in me, and I will rest in Him."
- Thomas Merton