TEKS VIR DIE DAG
Toe sê Hy vir sydissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid daarom die Here van die oes dat Hy arbeiders uitstuur om sy oes in te samel.”
Matteus 9:37,38

GEDAGTES OOR HERVERBIND
God is Drie-Enig, en verhoudig is die essensie van wie God is, en daarom is ons as mense wat in Sy beeld geskape is, ook gemaak om in verhoudings te leef.

In moderne kultuur wat ‘’elke persoon vir hulself’’ en‘’onafhanklikheid’’ ophef, is ‘n gemeenskap van gelowiges wat diep na mekaar omsien, sowaar ‘n radikale teken van Hoop.

Net so is die mens gemaak om ‘n ‘’missie’’ of avontuur mee te maak. Ons siele kry swaar wanneer ons geen bydrae maak nie,en ons gawes net vir onsself hou.

Ons is nie gemaak om net vir onsself te lewe nie.

Dink terug aan tye waar jy ten volle lewendig gevoel het, waar jy jou lig laat skyn het en in harmonie met ander geleef het – hierdie is alles oomblikke waar die Koninkryk van God sigbaar raak op aarde.

Op watter manier word jy genooi om jouself weer aan God se avontuue van Sy Koninkryk te herverbind? Wie is die mense wat saam met jou medereisigers kan wees?

GESPREK MET GOD

Skryf ‘n eenvoudige, kort gebed neer waarin jy jou hartsbehoefte en -begeerte rondom ‘herverbind’ met God deel.

‘N GEDAGTE OM TE OORWEEG
“After learning to love God (worship), learning to love others is the second purpose of your life".

- Rick Warren